Nauru

Republiek Nauru
Republic of Nauru (Engels)
Ripublik Naoero (Nauruaans)
Vlag van Nauru Wapen van Nauru
Vlag Wapen
Nasionale leuse: God's will first
(Engels vir: "God se wil eerste")
Volkslied: Nauru Bwiema
(Nauruaans vir: "Nauru, ons tuisland")
Ligging van Nauru
Hoofstad Geen (de jure)
Yaren (de facto)

0°33′S 166°55′O / 0.550°S 166.917°O / -0.550; 166.917

Grootste stad Yaren
Amptelike tale Engels en Nauruaans
Regering Unitêre parlementêre
republiek onder 'n
onpartydige demokrasie[1]
David Adeang
Onafhanklikheid van VN-trusteeskap


31 Januarie 1968
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
21 km2  (193ste)
8,1 myl2
0,57
Bevolking
 - 2020-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
10 834[2][3] (227ste)
10 084[4]
480 / km2 (25ste)
1 243,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$143 miljoen[5] (192ste)
$11 169[5] (94ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$150 miljoen[5]
$11 757[5]

Gini (2012) 32,4[6] –  medium
Geldeenheid Australiese dollar (AUD)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC+12)
nie toegepas nie (UTC+12)
Internet-TLD .nr
Skakelkode +674

Nauru (Nauruaans: Naoero), amptelik die Republiek Nauru (Engels: Republic of Nauru, Nauruaans: Ripublik Naoero), voorheen Pleasant Island (letterlik: "aangename eiland"), is 'n klein eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië net suid van die ewenaar. Die koraaleiland van 21 km² is deur fosfaatmynbou erg verwoes, en fosfaatreserwes is nou byna uitgeput. Nauru, wat jare gelede een van die welvarendste nasies wêreldwyd was, kon die bates van die fosfaatmynbou nie winsgewend belê nie en is vandag weer een van die ontwikkelende lande. Die eiland het 'n bevolking van 10 084 in 2021 gehad. Engels en Nauruaans is die twee amptelike tale en die Australiese dollar is die amptelike geldeenheid. Klein hoeveelhede fosfaat, piesangs en kokosprodukte is die hoofsaaklike uitvoerprodukte. Australië se ambassades neem die diplomatieke verteenwoordiging vir Nauru in die buiteland waar. De jure het Nauru geen hoofstad of stede nie; die parlement en regering van Nauru is in Yaren gesetel, wat de facto as hoofstad beskou word.

Die parlement van Nauru
Die distrikte Denigomodu en Nibok

Met 'n oppervlakte van net 21 km² is Nauru die derde kleinste land ná die Vatikaanstad en Monaco, die kleinste land in die Stille Oseaan en Oseanië, die kleinste land buite Europa, die kleinste eilandstaat, en die kleinste republiek. Daarbenewens het dit met 'n bevolking van 10 084 (in 2021) die wêreld se derde kleinste bevolking, ná die Vatikaanstad en Tuvalu.

As gevolg van sy sterk afhanklikheid van Australië word Nauru dikwels as 'n soort satellietstaat beskou.[7][8][9]

  1. (en) "Nauru's Constitution of 1968 with Amendments through 2015" (PDF). Constitute Project. Besoek op 2 November 2023.
  2. (en) "World Population Prospects 2022". United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Besoek op 2 November 2023.
  3. (en) "World Population Prospects 2022: Demographic indicators by region, subregion and country, annually for 1950-2100" (XSLX) (Total Population, as of 1 July (thousands)). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Besoek op 2 November 2023.
  4. (en) "National Report on Population ad Housing" (PDF). Nauruaanse Statistiekkantoor. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 24 September 2015. Besoek op 24 September 2015.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) "Nauru". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 2 November 2023.
  6. (en) "Gini index – Nauru". Wêreldbank. Besoek op 2 November 2023.
  7. (en) "Pacific correspondent Mike Field". Radio New Zealand. 18 Junie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2020. Besoek op 28 Augustus 2019.
  8. (en) "Nauru's former chief justice predicts legal break down". SBS News. Special Broadcasting Service. 13 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2020. Besoek op 28 Augustus 2019.
  9. (en) Ben Doherty (28 Oktober 2015). "This is Abyan's story, and it is Australia's story". The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2020. Besoek op 28 Augustus 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search